Boustyle en tye verander, maar mense bly maar mense (opdrag 6)
Vervloë grepe wat teen mure hang
(deur kunstig’ hande vasgevang)
sal vir eeue steeds sy boodskap dra –
daar’s veel minder antwoorde as vrae.
*
As ruite bloot na dieper donker lei
by vensterraam en kantpatroon verby
as broosblaar plante purper bloei
naas skerptonglowwe wat op stoepe groei
as die hart nie in die huis is nie
en geen geneentheid twee nog bind nie
die stemme stil … en stiller word –
lag nooit meer die oë of lippe vind nie
sal sy wat op die liefde wag
die laaste greintjie hoop versmoor
en hy wat nooit na binne kyk nie –
oplaas sy innermens vermoor.
*
Sou my eie hande net kon skilder –
sou ek op hierdie doek meer son laat skyn.
Ek sou helder blomme op hul’ voorstoep verf
en vlinders vlind deur heel die tuin.
© Carma Shaw
15 Augustus 2018
19:56
5 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Callie Vermeulen
Pragtig en diep mooi verwoord Carma.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Estelle
Pragtig Carma, mal hieroor!