
Voorgee
tafel stoele netjies
potte panne blink op rak
stoof staan reg vir opkook
die negossiekas propvol goed
politoer blink op polimeer houtvloer
die huis se boepensmaag staan daar
die byna kennisse glimlag
hande skud in dik en dun vertoon
statig in voorportaal, die familiebybel,
almal is in oortrokke kredietkaart status
hierdie uitstaande vriendskappe is op dun ys
en my maag grom naar
*po·li·meer (chemie) natuurlike of sintetiese verbinding met ’n molekulêre struktuur wat bestaan uit ’n groot aantal betreklik eenvoudige herhaaldelik aaneengeskakelde eenhede, soos stylsel of plastiek.
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.