
seisoene van die lewe (SILWER)
seisoene van die lewe
een grou grys oggend staar ek deur die ruit
herfs het haar jas verruil vir ʼn winterskaros
styf om haar skouers gedraai in bleek blaredos
sonskyn se warm strale besluit: ek moet uit
die seisoene loop in kringe met woelinge
jaar se getye wat immer kom en ook gaan
so dikwels verkeer ons wetend in die waan
vergeet ons dit is ons Skepper se bedoelinge
in die ryptrap van ʼn winterslandskap: koud
vloei die sterk strome van die ganse lewe
hier staan ek op die vooraand van grys
in die hare – so word ons elkeen dan oud
mag ons nooit vergeet winter is gegewe
so ook is die weg vir ons klaar aangewys
©Marlene Erasmus
27/06/2022
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Dis treffend hoe jy die seisoene met mens se ouer word vasvat. Dankie vir skryf In my opinie moet die leser toegelaat word om sy eie emosies / gevolgtrekkings te kies / maak so ek sou die koud uitlaat in “winterslandskap: koud” & ook so word ons elkeen dan oud in reël “ in die hare – so word ons elkeen dan oud”. Die lesers weet dis koud en grys is oud
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek