Jongste aktiwiteit:

MOSTERT SE MEULE

MOSTERT SE MEULE

In die Jaar 1796 is die
Rhodes-gedenkteken opgerig
die Unieke kenmerk in Kaapstad
die ou historiese Mostert se Meule

Op 18 April 2021 het die ou
Mostert se Meule afgebrand
bergbrande agter die Universiteit
spook ‘n brandweerspan teen tyd

Oppenheimer-biblioteek het geboet
die brande het die boeke verwoes
Wes-Kaap lê swart in as en roet
hierdie lê swaar in my gemoed

Ons eie erfenisvernietiging
rookwolke het Kaapstad besmet
hartseer staar ek voor my aangesig
Ons Geskiedenis is al wat ons oor het

Die enigste oorblywende
ou werkende windmeule
het ‘n ideale status bereik
In die Sahara Suid van Afrika

Kan ons hierdie erfenis
spesifiek die kultuurskatte
nes figuurlik gesproke fenikse
opnuut uit die asvaal laat opstaan

© Eleen van Deventer Vorster
27/06/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed