stories (BRONS)
stories
van my eerste onthou is daar stories
vertel aan moedersknie kindjie klein
Sus en Daan Koeloe en Kiet in die klas
Rip-van-Winkel en die Gestewelde kat
het hul spore deur my kindwees kom trap
moet nie vir Saartjie en Trompie vergeet
om terug te kom na die goue draad
van stories deur ons dag se bestaan
dan kom die grootmensjare en soms
net soms wil die towerspel verdwyn
as die werklikheid van menswees
jou dan wil onderkry in swaarkry
die fantasie as jy jou pen optel
en stories vloei uit jou pen
dan skyn die son weer giggelgeel
en word jy weer die kindjie klein
wat soos Alice verdwyn in die
wonder-wêreld van woorde
©Marlene Erasmus
05/04/2021
2 Kommentare
-

Anze
Lees net asb die opdrag mooi deur... GEDIGTE: 1. Nie langer as 10 reëls nie. 2. 2 Kwatryne en 'n koeplet. 3. Ten minste 2 neologismes wat onderaan jou vers omskryf moet word in 'n voetnota. 4. Enige rympatroon of vryvers. 5. Tema: Oordenking 6. Jou titel mag nie "oordenking" as 'n enkelwoord wees nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek