tetelestai
–
deur die duister
het Lig en Waarheid
gebreek toe die grafsteen
weg gerol word deur die Vader
Hy het daarop gaan sit en verklaar
hoekom kom soek julle die lewende
tussen die dooies – Hy het waarlik
opgestaan – Hy is wie hy is
Hy is die enigste
God die Vader
die Seun en
Heilige Gees
–
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig maar lees asb die opdrag van die projek mooi deur Hierdie maand wil ek die Pase gebruik as metafoor vir ‘n periode van oordenking, as projek. Selfs dié lede wat nié aan die gebruik deelneem nie, kan ook aan die projek deelneem. Dit is nie noodwendig ‘n geestelike (godsdienstige) projek nie. Gebruik die stil word, introspeksie en herdenking van iets groter as onsself as ‘n vertrekpunt vir jou skrywe. GEDIGTE: 1. Nie langer as 10 reëls nie. 2. 2 Kwatryne en ‘n koeplet. 3. Ten minste 2 neologismes wat onderaan jou vers omskryf moet word in ‘n voetnota. 4. Enige rympatroon of vryvers. 5. Tema: Oordenking 6. Jou titel mag nie “oordenking” as ‘n enkelwoord wees nie.