Jongste aktiwiteit:

Vreemde Nommers

dit is pragtig hier
alles werk lieflik 24 uur
ons stemme dra hoëtrou
oor giga byte netwerke
ons voorkoppe en skoensole blik
in omgulde vyfster kamerspieëls

die gesels strotter
raakweg van tyd tot tyd
die ou siel druk seer teen my oor
volgende ń moet sel opgradeer
en ń kort 24 mnde kontraklas
vir die tydelike egohupstootjie

my beeld is versplinter
in die wit glasskerf krake
verder is my werêld swart
die china instrument is al opening
vir werk anderkant dié werklikheid
jy weet nooit, whatsapp

die selpakkie is
ń kaartjie vir bottelblou trein
vir die koue lang deurnagpad
verkoop dus gou die gevalle held
voor die werêld skree
dis gesteel




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed