
Vreesloos
die voordeur hang
half toe voor donker gang
met geen verwelkomings vloer
waar muurgate lig
op stofdeeltjies laat binne dryf
ń koue ril
langs ruggraat af
ontbloot skadu geëts
teen skemer witvaal muur
met gebalde vuis
ń dominee kamer is betree
die oortredings straf
is rouvrees
ń mal hart hardloop
wilde spiere span
die sonder oë oom
het jare terug
sy slaankrag verloor
al skok hier
is verbeeldingskrag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.