Skuddende woorde
Sy eerste woorde
aan menige siel
weergalm nog deur die eeue
dit was nie ‘n eindelose lys
van dwingende voorskrifte nie
nie ‘n katkisasieboek vol leerstellings
wat haarfyn bestudeer moes word nie
nie ‘n goed geformuleerde
sondaarsgebed wat moes red nie
selfs nie ń eksakte geloofsbelydenis nie
– dié sou later
padlangs en spontaan
sy weg deur hart en lippe vind –
dit was ook nie ‘n mond vol clichés
soos kodetaal van ‘n klub nie
maar ‘n uitnodiging
gegrond in eenvoud
wat lewensreisigers daag
om te waag
tot ‘n nuwe manier van wees
– volg my –
-cs-feb-2023-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.