Jongste aktiwiteit:

Beperkte vryheidsug

Februarie

Blou projek

 

Beperkte vryheidsug

Voortvarende blindheid
skitter in stiksienige alwetendheid
in vryheid vasgespyker aan voorskrifte
tassoekna gedwonge ankerpunte

skep utopiese waan
van iets meer aangenaam
blind vir pynlike ellende
sigloos soos blinde molle

onmeetbare vlerke onbelemmerd in vlug
ongetemde beperkte vryheidsug
verwronge wysheids leer
dwaas in gekose adviseer

vryheidsblouhunkering
inklusief die dwaas vereniging

© Nita Orsmond

Voetnota
tassoekna- tas na
soek na

vryheidsblouhunkering- na vryheid word gehunker wat op die blou horison roep




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed