Jongste aktiwiteit:

voete en hande

 

 

met verkeerde voet uit jou bed klim

kan jou hele dag sommer vervonkfaai

soms is daar onderliggende pyn wat uitkom

dinge wat seermaak en aanhoudend knaag

krap en skuur tot dit sigbaar deurbreek

dan help ‘n kous oor jou verkeerde

voet ook nie juis nie

selfs die beste

toneelspel

kan dit

nie

meer

verbloem

dan moet dit uit

dring dit op in jou

oorvol krop

val dit ook

soms

vel

op iemand

anders

wat dit nie

verdien

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed