toe en nou
oop en toe maak die jare so
gister was dit vandag, en vandag is dit môre
met ‘n weerklank van pyn is die nuwe jaar gebore
in duiwelse verdowing is dit gebaar en gevroed
geen profetiese redes daaroor nie
slegs die wete: ek is hier
die golwe ruis en sus my siel
vergete is die tydelike pyn en lyding
ver onder die oppervlakkige ervaring
van brand in die hel van vandag
lê daar nou net die braakland
van hierdie en nou, vandag
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.