Tjailatyd Silwer
Ode aan Theuns Jordaan
Tjailatyd
die jakarandas in duncanstraat
tooi ‘n taaitraan treur in pers
mcGillis en mcGintis in hatfield onthou steeds
hul skorstem seun se songs so salisiel
ek wou so graag nog gaan luister, een aand
waar jy die bekfluit vasknyp
tussen jou tande nes boerbeskuit
helaas, my stoel is leeg en my hart hoop
tevergeefs
op jou staanskaduwee se leë snars
die eelt het reeds van jou vinger gekwyn en
die plektrum het permanent tussen jou snare gaan plak
net op youtube reën jou malvas steeds sonoor
sodat ek langer kan onthou
nou is dit theunsie, sulke tyd
toe jou asem soos sout verslaan
het legio luisterlinge stom gaan staan
nee, nooit ooit weer sal jy ritmies in Afrikaans
rock en rasper
nog ‘n onvoltooide droom raak weg in die mis
van verre vergeteldheid
soos die pê plastiek van die
agterste sitplek van ‘n ford fairlane …
(C)MCH
Erkenning:
Tjailatyd – Theuns Jordaan
Beautiful in Beaufort Wes – Gert Vlok Nel
Beautiful in Beaufort Wes – Gert Vlok Nel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek