Elogium Silwer
Elogium
slimmerik ingewig
tussen-in
die soelte van snags
en soteriese serkstekste
val die umbra oor
die naglandskap
van my siel
wat wild wakkergeskud
deur beleërde drome
en dowwe kaatsings van
bloedbelope oë
vewerend agter onwaaragtighede
dwarsdeur die pêrel van pyn beur
helaas
ek kry nie die gisters uit
my oë uitgevee nie
want daar bly net bloed
aan die vingers van my veehand
klewerig en teer
nes trane
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek