In gedagte my passie
warm skyn die son
grondpad reik uit na vore
stadig beweeg ons nader
die pad vesper met bokke
hoe vreedsaam lê hulle daar
stadig nader ons hulle
steeds lê die luilekker in hul oë
ons stap en prewel sagte woorde
lui begin hul beweeg met oë op ons
maak hul pad vir ons
diep tref die rustigheid my
iets wat ons glad nie meer beleef
die dorpslewe raak soms net te veel
voel ek die diepe deernis in die dier
hier is die plek waar ek wil wees
die plaaslewe, die diere,
die ongeskonde skoonheid
die natuur so naby aan ons Maker
woel dit in my siel
my oom eens op ń foto
op sy perd se rug en ek staan daarby
my stil leef liefde vir perde
word vasgevang in gedagtes
in gedagte my passie vir diere
brand my hart na die inleef van so ń plekkie
die skemering in aankoms
met die nageluide van diere
in die agtergrond
beleef ek die streling met my hand oor sy kop
sy neus soekend by my hand
verken hy my met ń warm blaas op my hand dalk hou hy van my
saggies prewel ek woorde in sy oor
begin ons weg te stap volg hy ons
trots is nie ń woord vir die perd nie
sy regop manier vertel kragtig
hy is in beheer pronkerig en mooi
hoor ek in my gedagtes sy runnik van blydskap
wens ek vir ou laas hy het aan my behoort
@Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek