Jongste aktiwiteit:

Godin van die Noodlot

vrolik word die mengsel geskink
die satan van die noodlot
so baie daarin verstrengel
gesmee in ń wereldse komplot

vaagweg beweeg hulle verdoesel in eie pret
in die mag van satan so bedwelmd
hul weg gebaan slingerend
hul bestemming tartend en selfvoldaan

arrogansie weerspieël in beweging
in ń kokon hul selfbeeld toegespin
hardkoppig is nie die woord
aan selfvoldaanheid

hulle sing is uitbundig
en hulle harte vrolik
totdat ń geskreeu en pyn hul deurgrond
en ń verbreekte gees hul tegemoet kom

die mense om hulle word verwens
terwyl hulself hul liggaam opgeoffer het
raak hulle in hul self verstrengel
maar die fontein van lewende water
sal hulle nie aanraak nie

eerder sal hulle bly skep uit gebarste reënbakke gevul met satanspoeg
terwyl hul eie boosheid hulle tugtig
en sien nie dat hulle Godsverlate is nie

maar tevergeefs sal hulle terug hunker daarna
geslag en verdoem wil hulle word
want die wereld skuld hulle alles
solank hulle niemand skuld

Sou God hiervoor geen besoeking doen nie
dink bietjie na hoe troueloos jy handel
en alles wil regverdig omdat jou houding
vol arrogansie is en stinkend voorkom

want soos ń put wat sy water varshou
so hou hulle, hulle boosbeid vars
geweld, verdrukking, siektes en wonde
gedurig voor hul aangesig

en vervreemd sal hulle bly
want eiewaan is die oorblyfsel
van hul wingerdstok
want die woord is hulle smaad
daarin het hul geen behae

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed