Vormlose Skaduwees
donker is die maan
koud is my binneste
die lag in my week
verskiet sterre my binneste
vormlose skaduwees
koggel in my rond
gedagtes swieterjol
alom teenwoordig
fnuik koggelende
kloppe my hartsnare
deurdrenkte woorde
stortende afgronde
uitgerafelde wese
beur ek myself na vore
klaagliedere so beskore
binnegolwe tastend rond
bespiegel terwyl weersin
skokgolwe tasbaar prikkel
die menswees afgetakel
is dit hoe baie drentel
goedsmoeds maar net daar
tongverskeur deur ander
ploeter maar net voort
om die bestaansreg
te regverdig uitgeskuif
verwese en stoksielalleen
vegtend teen jou eie gedagtes
platgedruk in omstandighede
ruk jy die klere van jou liggaam
bad jy in sand teen koue bestand
op soek na aanvaarbare verblyf
tartend op die voorhowe van ander
en vormlose gedagtes vorm in my
©Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek