Ontvangsplekke
in die bekende
gang af na baas se
slaapkamer bekend as hoofkantoor
waar elke helder môre gou ń geslote dag word
op hoë stallasies
sit die base onverskillig
oor die werkers se swaar vrag
waar take net ń slawe roetine word
by die agterdeur
met groot gevaar tekens
lê die werkplek vuilgoed hope
maar die voorportaal bly ń 24/7 inloop
na werkswinkels
volg werkers nogtans slaafs
die vas aan die slaap baas
na die agterplaas
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.