Legkaart
LEGKAART
God plaas ‘n legkaart voor jou neer,
die stukke deurmekaar:
Jou lewensprent moet jy nou bou.
Jy soek en skommel, pas.
Tussen die donkerte en lig
neem die patroon ‘n vorm aan.
Uniek is die patroon.
En dan: Die kleur verdiep.
Die pyn verdiep.
Dis seer, o Heer ….!
Kan ek nie maar van hierdie een
ontslae raak nie?
U moedig aan:
Pas jy dit in –
Ekself het dit gekies.
Wanneer die prent
eendag voltooi sal wees,
sal jy verwonderd vind:
Uit skaduwee en lig
straal daar
die glans
van
God se
aangesig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.