Jongste aktiwiteit:

Gebou

stinkend skoon die natstof ruik
van growwe gemengde boustowwe
hier en daar nog is ń haakplek
wat lek lek
gewoonte raak

ure word gewerkskaf
aan my onderhoud,
sagteware opgradering
die herstel van vervalle hardeware
in die stryd teen my verval

geboue gestut
op stoere fondamente
val egter verseker plat
oor eeue dan in ń sekonde
verborge in droë stofwolke




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed