Jongste aktiwiteit:

Anderkant die herfs

Aanstons sal die winter kom;
die noordweswind sal ruk en suis.
Die reën wat op my sinkdak val
sal soms net sag wees,
maar sóms –
‘n luide storm en gedruis.

Die dae sal skemer word –
kort en koud
en klam.

En ek sal tussen lampe sit
– bakhande om ‘n vlam …

© Carma Shaw




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed