Skoppensboer se lied
Skoppensboer sing my requiem
en revokeer my diepste wese –
hang jou reliek in die wind
tussen skraal sipres lanings
radeer jou logika hierdie kind.
Sonder son of grense
spartel moeë harte
dwalend tussen nastergal
in Nekropolis se strate.
Brokkel ‘n minnelied in kouevuur
kierang koerasie my denke
en voed op krapsels liefde.
Rakel my trane uit die as
en hang ’n wit vlag –
O’ Heer …
laat hierdie beker verbygaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.