Jongste aktiwiteit:

druil

 

die kouefront lê binneboud

ver uit die suide oor die baai

tot oor die oostelike horison se berge

draai hy sy stert soos ‘n druilende perd

wat baie moeg is en te vinnig water suip

plek-plek laat hy sulke plasse blou kolle

waar die laaste vet druppels reën val

laastens ook koue flokkies sneeu

agter hom breek sonstrale geel

voor hom draal die koue wind

tot volgende jaar ou vriend

my lyf het gevat wat hy kon

dankbaar vir elke druppel

reën wat ons land seën

 

 

©Teárlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed