Jongste aktiwiteit:

fluisteringe van Flora

in die tuin van die lewe groei
daar soveel blomme in alle kleure
elkeen spog met eie kleur en geur
groot opwinding as blomme bloei
in die boeket van jou drome
spreek blomme in hul eie taal
rose vir liefde, diep en rooi
lelies vir reinheid, wit soos sneeu
viooltjies fluister in nuanses van blou
sonneblomme draai na die son
terwyl vergeet-my-nietjies
vra: onthou my keer op keer
orgideë spog met hul eie skoonheid
as kamille jou troos, sag en teer
wanneer woorde jou ontwyk,
kom sê wat op jou hart lê
met die mooiste bos blomme

©MarleneErasmus
13/05/2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed