Jongste aktiwiteit:

Ligjare

Onder die glanslig van ‘n sekelmaan
het jy ewige trou aan my beloof.
Jou aanraking het my stomgeslaan
terwyl jou mond my van my hart beroof.

Met jou lippe wat my gevange hou
het jy my na ‘n lushof van passie gelei,
terwyl jy smagtend prewel: “Onthou, my lief, vir jou
sal ek die duiwel tot die dood toe baklei!”

Maar ook buite bereik soos Ikarus
was ons Eden vyfmiljard ligjare weg;
daarom kon ek my drange nie langer beveg
en ons liefde nie verder betwis …

Diep binne my het ek aangevoel
hoe ons afskeidsuur aanbreek;
toe die môreson oor die nag kom spoel
en jy ‘n troupand aan jou vinger steek

terwyl jy mý deur ‘n lushof van passie lei
en fluister: “Onthou, my lief, vir jou
sal ek die duiwel tot die dood toe baklei!”




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed