Boetman en die Baber (Brons)
Vader was ‘n visserman.
Hy was deel van Abramskroos.
So suinig soos die hel van self,
sou selfs vir Scrooge laat bloos.
Boetman was sy vakleerling,
Uit sy pa se aangesig gesny.
Menig dae sou die twee saam
na Valie se visgat toe ry.
Moddertrappers en slapsalies
word aan die hoek gestring
In doodse stilte sit die twee
terwyl die draadloos saggies sing.
Skielik skrik ou boetman
toe ‘n swart streep onder sy stoel verskyn.
Hy sien slegs hoe die snorvis
met die kardoeskos die water in verdwyn.
Die waterhondjies skarrel rond;
hulle het ook groot geskrik.
Nou moet onse boetman
vir ses van die bestes buk.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek