vir
Gedigte
Jericho
toe Israeliete op bevel van hul God
met ritmiese voete stamp om jou stap
het die ramshoring jou einde aangekondig
het jou skans mure in stof en as getuimel
jou hele verdediging en al jou inwoners
verwoes, uitgewan, vir altyd verower
tog het Rut, ‘n heidense vrou uit jou gekom
om die alomteenwoordigheid van God te wys
en hoe die nageslag van Adam spreekwoordelik
van God se Jerusalem verlore geraak het tot by
Jericho, ‘n stad van rowers, onheil en sonde
wat reisigers aangeval en beroof het
was dit die ramshorings wat mure laat val het
die eselskakebeen wat duisende laat sneuwel het
en die slingervel met ‘n ronde klippie wat die reus
teen sy voorkop getref, hom laat val en gedood het
was die ramshorings wat geblaas het, die teken
wat ‘n Hoër hand se oordeel aangekondig het
sal daar dalk weer ramshorings blaas
wat oorlog en verwoesting sal aankondig
skans mure sal laat tuimel, stede sal vernietig
sondige mense harte sal laat inkrimp van vrees
gelowige mense se geloof verder sal versterk
in afwagting op hul Skepper se wederkoms
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.