Jongste aktiwiteit:

Kaalvoetjies tot oorlogstewels

My kindervoetjies het die paadjies
op oupa se plaas deurgetrap
oor watervore deur vlaktes vleilande
en oor die brug by die rivier
oral was my kinderspore
verewig in die sand van sorgvryheid

nooit het ek kon dink
die beitel van die lewe
ongenaakbaar
my sorgvrye voetpaadtjies
van kindwees pynlik uit sou kerf

hier sit ek
uitgebeitelde soldaat
“room van die land” – in my gees getatoeëer
hoe naief kan mens wees?
‘n gekamoefleerde leun glo

mirages basviool vrede
bomme vloek-reën die aarde
pyn hulpkreet my ore
neusvleuel geskroeide vlees en bloed
vuur en rook gordyn die bril van my oë
vrees luiperdkruip my hart
daar is bloed aan my hande
trane stormwater my skuldlas

dan sien ek Hom
hoe Hy my skuldlas dra
“bedroef beangs benoud
bang tot die dood toe…”
Getsemane Hy my emosies

God beitel Sy seun uit
aan die kruis van Golgota
vereffen Hy die skuldlas
van my oorlogstewels
met Sy genadehand
——-ooo000ooo——-
(©Pieter Mostert)
[silwer]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak