Jongste aktiwiteit:

spruit

 

soos spruite van ‘n boom

skiet hulle op uit hul stam

party in diep rooi grond

ander in dorre sand

enkeles met voete

in koel water

van ‘n stroom

 

rietpypies van sjabloon

wat hoog bo alles uit troon

dieselfde borrelende energie

ingeboude oorlewingsdrif

van bruisende rivier

padmakersdroom

vir ‘n ou vaderhand

 

was Paul Kruger

tog nog die president

die republieke nog daar

kon ons plaaskry sowaar

inspan met ses rooi osse

ploegstert hou en plant

van soggens tot baie laat

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed