Jongste aktiwiteit:

GRASVELDE

Boere se gebede lê biddend oor verdorde grasvlaktes

grassade wat in stilte met saadvingers waai

poeier getrapte voetpaadjies versamel nie meer spore nie

die afrika son het niks meer om te verskroei uit onreg en sonde nie

die boer het sy vereelte padkaart  hande van die lewe

as hy hulle in gebed teen mekaar hou

Here dis November ….

sy stem breek in donderweer uitbarstings oor die kombuistafel

sy trane die reën wat sy mond swyg om te bid

tog vind trane hul weg en verstaan God die soutwoorde van Sy dienskneg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword