BOSVELDLIEFDE
Jou oë het die vuurgloed van my skaduwee omhels
die vuur tussen ons
het die maan skaam laat hang
bloos my skaduwee in die nanag
warm tonge van vuur wat aan die hemelruim lek
sterre van blydskap wat aan die uitspaansel hang
die afrika son se tamboer hamer ritmies in jou asemhaling
jou vingers wat fluweelsag
die buitelyne van my liggaam se padkaart raakvat
jou asem ego teen die kranse vas
waar water haastig skuimend na benede stort
jou warm mond oor my afwagtende lippe
verken die jeug wat iewers toegesluit lê
november die elfde maand wat op die kalender wag
wat asem ophou dat jy die ja woord moet vra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek