Jongste aktiwiteit:

NUWEJAAR

Halleluja, hoor my lied;
gekombineer uit ander se nuwejaar dronkverdriet:
gespeel op die wysie van winde van verandering,
gesing, geneurie op onthou wat siele binnedring

Dinge sal, moet gebeur:
hierdie jaar sal ons weer meer van die lewe leer.
Drome word gedroom, planne gemaak,
wyl ons vergeet God het ‘n hand in elke saak.

Wat is, was al gewees:
Liefde, hartseer, hoop, wanhoop en vrees
O liewe Heiland, hoor tog nie my lied,
want niemand weet wat hierdie nuwe jaar ons bied.

©HMellet
04/01/2017




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed