erosie! (Brons)
ek kap en kap
met my woordbeiteltjie
om die erosie wat
my geliefde taal
tot besinksel wil reduseer,
weg te werk!
soms werp ek my beiteljie
ongedurig oor my skouer
en klim in met my hamer
se geniepsige punt
‘wyl my liefde vir my taal
versagtend, apologeties
witvoetjie soek…
*besinksel – afsaksel
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek