eenkant
–
segregasie vanself
selfs op my duin is daar
“pecking order” van soort
groter seevoëls stoot kleiner
soorte eenkant om eerste te eet
soort bly by soort en verbaster nooit
nog nooit ‘n kraai gesien wat met meeu
as vrou oor die see sweef of in palms kraak
so draai my gedagtes by diep segregasie
binne my hart segregeer ek soms erg
my siel weet waar sy Meester is
van die spotter wil ek nie leer
na sy Meester wil hy keer
hoor my siel die Woord
segregeer jou van
die onreg en die
onregverdige
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.