‘n Gevoel
Hulle sê liefde is ‘n bedryf
dit het te doen met ‘n lyf,
en mooi gedigte skryf
om jou te pamperlang wanneer jy verlang
Om die krake van eensaam,
oop te bars
en die lawa in jou hart te vul
met stormwater wat spoel deur jou are
Vasvang, invou
wat stadig-stadig
volmaakvol streel-sag
na meer en meer smag
Die blydskap, die samesyn
‘n wens wat fluister uit jou hartslens
wat sonskyn bring, wat jou spontaan laat sing
wat tot diep in jou siel indring
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek