Jongste aktiwiteit:

In ‘n neutedop

My hart voel leeg
my woorde hol;
kurkdroog en verdor
soos ‘n leë neutedop.

Vol leemtes en gate
sielsverlate
en ek net ‘n mens
uitgeworpe
aan die droë druppels ink
wat aan die punt van my pen versteen …

soos liefde vir iemand
wat eens jou heelal was,
maar vandag in die holte
van ‘n neutedop pas.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed