Jongste aktiwiteit:

my weet

ek sukkel om te wees
as my moermeter
en my seer
skoppelmaai en
beurte maak om
my om te dop
maar hulle kan
niks aan my weet
doen nie want
my weet sit so diep
soos my murg en
nie jy of jy of jy
of enige leuen
of mistasting
of die klappe om jou oë
wat jy jóú manier noem
kan by hom kom nie
want my weet
is al kaalvoet oor
duisende moerse groot berge
en my verliese is
meer as die sand
van die namib
so my moermeter
en my seer
moet maar skoppelmaai
tot die swing hulle afgooi
want my weet is die raam waaraan
daardie einste swing
hang.

©marikavanheerden
Fotokrediet: Pinterest




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed