Jongste aktiwiteit:

onderduims

–
stilletjies vleg sy haar strikke
saggies beweeg sy die krukke
subtiel word hekkies verskuif
onderduims beweeg sy aldeur
–
haar haarstyl verbloem venyn
haar glimlag verplaas die pyn
onderduims is sy in haar aard
agterbaks verwoes sy waarheid
–
elke tweede en derde sekonde
kry ‘n huppel van valse hoop
leuen word waarheid vanself
onderduims is haar diep hart
–
wie sal hierdie valsheid oopvlek
valsheid ingebou in ‘n struktuur
van onderduimsheid en leuens
goeie genade en wat dan nog
–
kan daar nie meer waarheid
in sy onverbloemdheid wees
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ryno Du Plessis het ‘n nuwe publikasie gemaak