Jongste aktiwiteit:

Ouma se kind…

as ek my lewensverhaal in jou hande kon lê
weet ek jy sou dieselfde waardering hê
wanneer nostalgie soos kiekies hang
ja, voor die ou gryswolf my geheue kom vang

kan ek jou vertel van die ver-ver onthou
van die ou, die mooi, van ʼn leeftyd se nou
toe gisters se warmte kon bruis
voor oumens se skimmelwit kruis

jy onthou die dingetjies wat ek jou vertel
tot die swets en waaroor ek sou skel

laat ek tog vergeet van die kwel en kommer
en my fokus op jou waarom en wonder

onthou my tog met ʼn oop hart…
sonder sorge en smart

© Cornien Naudé
21/02/2022
15h01nm




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed