Olga in die Appelkoosboord – ‘n Kersverhaal 640 woorde
Olga is al weer amper laat vir die kerkraadsvergadering. Dit is werklik ongemaklik om nog hierdie tyd van die jaar vergaderings te hê. Dis só ’n gejaag en almal wil graag die jaar afsluit en regmaak vir die Kersseisoen wat voorlê. Sy verwag juis ’n hele huis vol gaste. Sy voel om dit te noem […]
ʼn Onvoltooide vers
ʼn Onvoltooide vers gehurk en geboë hangskouer takke kaal skurf skuur verlang as die yskoue gryswind ʼn fluister-neurie draal en ek wil jou soos ʼn kombers om my vou die laaste bloeisel-bloei is bitter-soet toe staan ek op met ʼn handvol kaalwoorde en draai verwese om van ʼn Onvoltooide vers en daar val woorde op […]
Tanka: Wilbur Smith
Wilbur Smith skrywer internasionaal bekend skielik oorlede vir ewig en altyd weg verhale onvervangbaar
Die ongemagtigde biografie van Sneeuwitjie
In 1746, na die Slag van Culloden het die leier van die Skotte gesê: “Dit is die oorwinnaar wat die geskiedenis skryf, en die dooies tel”. Dit beteken basies dat die een wat ‘n konflik wen, die een is wat in die magsposisie is, om die gebeure te neer te skryf soos uit sy. Moderne […]
Ek en die internet. (Brons)
Woortelling: 350 woorde “Oupa Gert! Johannes gaan staan groot-oog, uitasem binne die deuropening. “Wat was dit?” Oupa plaas sy koppie hard langs die skootrekenaar neer en vryf vies die groter wordende nat koffiekol op sy hemp. “Kom Oupa!” “Ja, ja. Ek kom Johannes. My bene is nie meer so jonk nie.” Johannes staan nader, neem […]
Vir Dao Mau
Ek staan voor die opening van die grot, en staar die onheilspellende donkerte in. Wat wag vir my? ‘n Pynlike, stadige dood of ‘n vinnige heengaan na die hiernamaals? Ons dorpie is nie veel anders as ‘n dosyn ander soortgelyke dorpies in die Quang Binh provinsie van Vietnam nie. Wel, dis seker nie heeltemal waar […]
Met die hand in die pampoen gevang.
Woordtelling: 349 woorde “Wat nou? Wat het jy aangevang?” “Wie sê ek het iets aangevang, Gert? Mmmm?” Otto neem plaas agter sy lessenaar, vou die dossier voor hom oop en laat sy oë vlugtig oor die inhoud gly. “Man, dit staan duidelik oor jou bakkies geskrywe, in groot hoofletters! So jy kan netsowel daarmee uitkom. […]
Uittreksel uit Juweel van die Oosgrens
Kaalgestroop. “Celeste, jy is uiteindelik hier!” roep Fleur opgewonde uit, haar Franse aksent nog net so duidelik. Haar niggie se opgewondenheid is ʼn lafenis vir die somberheid wat vir lank Celeste se metgesel was. Selfs die stof doen ʼn rieldans om haar voete om by te hou met haar vrolikheid. Afstand en omstandighede is die […]
om te skryf…2 Brons
sou God die skrywer se siel nie verweef met woordsnoere die gedagtes van Hom nie op die hart laat dra nie is al wat oorbly… ‘n skrywerspen in ‘n yskoue hand
Die oproep
(927 Woorde) Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die geluid gehoor het nie. Niemand […]