ʼn Onvoltooide vers
ʼn Onvoltooide vers
gehurk en geboë
hangskouer takke kaal
skurf skuur verlang
as die yskoue gryswind
ʼn fluister-neurie draal
en ek wil jou
soos ʼn kombers om my vou
die laaste bloeisel-bloei
is bitter-soet
toe staan ek op
met ʼn handvol kaalwoorde
en draai verwese om
van ʼn Onvoltooide vers
en daar val woorde op die grond
ek het jou lief, liewer as ʼn mens …
© Melandi Louw Loots
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige vers, en baie welkom hier tussen ons digters. Ek is maar een van die ouskool straatdigters, maar geniet goeie digwerk. ha ha