Nuwe dag
Nuwe dag
nuwe geleentheid.
nuwe uitdagings
gryp daarom die dag
met al twee hande aan.
Gister is amptelik verby
daarom kyk nie terug nie,
want aan gister kan jy nie verander nie.
dit is vandag wat saak maak.
Môre is slegs ‘n belofte
totaal onbekend
daarom leef vandag voluit –
vandag is ‘n werklikheid.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek