Skenk
die fees is dik
as mae warm vol is
velle in wol verwoel is
die oes is ongevra oorgedra
dit is wragtig skenk
op die werkrant
staan ń swaar dorsmasjien
die oes nou vinke kos
eie huis en haard
in ń kaal leegte
onbesone is gee
oeste verlore vir geër
skuldige ontvangers vreet
dun verspreid oor die veld
lê die oes verwaai
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.