soos grond
–
bakstaan
agter vier osse
rooi met wye horings
afrikaner-osse met krag
vastrap seun, die son trek water
draai kort daar net voor die boom
van kort-draai na watertrog
van inspan na uitspan
dagbreek tot sononder
ruik ek die grond
in sooie se val
reuke van
lewendige
grond
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.