Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke daar bo die baksteen woonstelblok klou ‘n kolgans in die weswind aan omber teëls en dak se nok waar die boulevard oor die N1 baan sal winterlelies weer so geilwit staan nóú sirkel duiwe in hul wydste draai verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai * ek weet – die lewe loop […]
Feëtjie Hond Prinsesse
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde. Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor. Nes Rottweilers. Die […]
Die Droomvanger
Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in die brandende son. Hy fluister in […]
Die Uitkamp Kwartet
Ek sal regtig nie kan sê van wie die gedagte nou eintlik gekom het nie. Gedagtes word mos sommer so uit homself gestaan en worre. En hierdie gedagte, had ek aanvanklik geglo, was ook so die wêreld ingekome. Later het ek egter introspeksie gedoen en toe ‘n baie sterk vermoede begin koester dat die duiwel […]