Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke
daar bo die baksteen woonstelblok
klou ‘n kolgans in die weswind
aan omber teëls en dak se nok
waar die boulevard oor die N1 baan
sal winterlelies weer so geilwit staan
nóú sirkel duiwe in hul wydste draai
verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai
*
ek weet – die lewe loop maar só
(en meestal vind ek my)
tussen engel en kalant,
sagte soene en ‘n oorveeg
tussen Edenstuin en Godsverlaat
tussen reënboë . . . en ‘n doringdraad
C. Shaw
24 Mei 2016
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ai Carma jou wonderlike talent kom weer sterk na vore in hierdie werk