
Diepseeblou Oë-see
Diepseeblou Oë-see
Hy kyk in haar oë en
raak kompasloos en reddeloos
verlore in die mooiste aanloklikste
diepseeblou oë-see met
‘n boodskap so geheimnisvol en
onpeilbaar wat verborge skakeer
tussen viooltjieblou en turkoois
en onder ‘n vraende ondersoekende
blik ontwykend terugdeins en wegsink
in onbekende ongekarteerde oë kelders
om daar agter versluierde wimpers
haar geheimenisse te bewaar en
jaloers toe te skulp—
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wat n pragtige woordskildery!!