Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom
gisteraand na die dertiende uur
toe die nag sy donker begin oprol
hy het vuur oor my gespoeg
ek het in angs roerloos in my bed gelê
en gewens dat ek kon skryf soos ek droom
vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke
met ‘n malse honger wat waansinnig
soek na sinvolle sentimente
iewers tussen lewe en dood
ek het gewens dat ek myself in ‘n koma kon skryf
dat tyd kon stilstaan, soos dit soms in drome doen
en dat woorde ewig uit my kon bloei
dat ek minder sou droom oor oordeelsdae
en meer kon skryf oor dinge
wat diep in my ontwaak
© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek