
latente hitte
soos nat reëndruppels
oor my duin uitsak
en stroompies water maak
so val laat winter sneeu
op die kaapse berge
bedek dit met spierwit
kombers van latente hitte
bo waai die wind ysige
lug kolomme oral heen
onder lê grond in hitte
en wag op die sonstrale
wat sneeu gaan transformeer
in helder berg strome water
wat tot in opgaar damme vloei
waarna owerhede hul latente
dam-vlak-syfers gaan aanpas
so pas my liggaam hom aan
by die veranderende weer
en spook ek om latente hitte
heeltyd leefbaar te hou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.