Jongste aktiwiteit:

Geraamtes in die kas …

Ek kan party aande net nie slaap
al probeer ek hoe hard om rustig te raak
nare drome wat my onder kry
wat die heeltyd in my gedagtes bly.

Jou naam is ‘n sware las
‘n geraamte wat oopmond lag in die kas
ek wil die deur toe klap
want die herinneringe raak te veel vir my hart.

Gaan ek ooit myself kan wees
sonder om die lewe te vrees
of gaan ek vir altyd bly hardloop
om weg te kom van jou wat die heeltyd by my spook …

MC Marx (C)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed